|
Na twee suksesvolle aanbiedinge in 2006 en 2007 van ‘n “Wieke en
Wiele Dag” by die Parys Vliegveld waar ons ‘n verkeidenheid van
Vliegtuie, Motors en enige ander aktiwiteite wat met Vervoer en
Masjinerie te doen het bymekaar gebring het, be-oog ons om die derde
vertoning beter en groter as die voriges te maak. Die besoekerstal vanaf
2006 tot 2007 het gegroei tot ongeveer 3 000 toeskouers.
Die Koepel Motorklub en Parys Vliegklub in samewerking
met ander instansies span weer saam om Saterdag 19 April 2008 ‘n
pretdag soos nooit tevore aan te bied deur ander Klubs en
belangstellendes te nooi vir ‘n Invlieg- en Inrydag. Die vertoning is
‘n Statiese Tentoonstelling van interessante Ou en Nuwe Motors,
Vliegtuie, Trekkers, Motorfietse, Enjins, Warmlugballonne, ens. Verdere
verrassings om die dag ekstra oemf te gee is nie uitgesluit nie. Kom kyk
self!!!!
Daar sal vermaak vir die kinders wees in die vorm van donkiekar- en
ponieritte, springkastele, trekkertreintjieritte en nog vele meer. Wat
kosstalletjies betref sal daar te kies en te keur wees. Wees verseker
niemand sal honger of dors huistoe gaan nie. Van biltong tot roomys en
alle ander lekkernye tussenin sal te koop wees om aan te smul. Verder
sal daar ‘n vlooimark wees vir die wat ‘n ietsie wil koop om huistoe
te neem. Terwyl die manne vliegtuie, ou motors, doef-doef enjins asook
trekkers besigtig kan die dames mooi goetertjies by die stalletjies koop.
Vir die wat braaf genoeg is en wil oorslaap sal daar
‘n plek wees om ‘n tent of karavaan op te slaan en dan kan julle die
volgende oggend na ontbyt vertrek en rustig huiswaarts keer. Bring
stoele, sambrele en ander noodsaaklikhede saam.
Ons sien uit om julle daar te ontvang en versoek dat julle ons Wieke en
Wiele Dag op julle Kalender sal aanbring en verder sal adverteer deur
dit sover as moontlik aan ander belangstellendes oor te dra.
Indien verdere inligting benodig word skakel ons gerus by:
Pierre: 056 811 3693 of 082 686 7209
Kobus: 056 817 7361 of 083 634 4194
Parys Lughawe
Radio: 123,5
Koördinate: S 26 53.0 E 027 30.0
Elev: 4740 voet
Aanloopbaan: 06/24 Teer 4 406 voet
Onbeman ( Daar sal ‘n ATC wees vir 19 April 2008)
|
|